
Vir graanboere in die noorde is herfs een van die besigste tye van die jaar, wanneer daar 24-uur gewerk word om oeste in te vorder en te vervoer. Motoriste in landelike gebiede en klein dorpies kan verwag om juis dan groot plaaswerktuie op die paaie teë te kom. Wees daarom baie versigtig as jy van hierdie oesimplemente op die pad teëkom.
Masjienerie wat gewasse vervoer, beweeg gewoonlik teen baie lae snelhede, en motoriste moet oppas wanneer hul plaasimplemente wat stadig beweeg, nader. Motoriste moet gedurende die oesseisoen waaksaam bly, altyd bereid wees om spoed te verlaag, of onmiddellik te kan stop as hulle stadig-bewegende masjinerie in boerderygebiede teëkom. Motoriste word verder aangemoedig om geduldig te wees en ‘n veilige volgafstand te handhaaf en nie te probeer om plaasmasjinerie verby te steek nie, tensy dit beide veilig en wettig is om dit te doen.




