News

Begraafplaas dié naweek skoongemaak – kom jy help

Begraafplaas dié naweek skoongemaak - kom jy help

   

Die toestand van Parys se ou begraafplaas langs die hoofpad is al vir jare ‘n hartseer vir mense wie se geliefdes hier begrawe is. Verskeie lesers het die afgelope week op Gazette se webtuiste kommentaar gelewer na aanleiding van ‘n berig oor die dorp se begraafplaas waar grafte kwalik sigbaar is tussen die lang gras, grafte beskadig is, en grafstene gesteel is.

Vrywilligers uit die gemeenskap van Parys het egter ‘n tyd gelede begin om projekte in die dorp te loods om ‘n verskil in die gemeenskap te maak. Saterdag, 24 April gaan hierdie vrywilligers die groot taak aanpak om te begin skoonmaak in die dorp se ou begraafplaas. As jy ook geliefdes het wat hier begrawe is, of die toestand van die begraafplaas ook vir jou na aan die hart lê – wil jy nie Saterdag kom help nie? Skakel vir Fanie Kruger by 072 989 0901 om te hoor wat nodig is, en hoe jy betrokke kan raak. Die werk wat in die gemeenskap gedoen word deur vrywilligers met verskeie aksies werp reeds vrugte af. Jy kan help om ‘n verskil te maak!      

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button