NewsNews

Eko-skool leerders kry fontein weer skoon

Eko-skool leerders kry fontein weer skoon

 

 

Vir so lank as wat onthou kan word, is die fontein voor die administratiewe blok van Hoërskool Parys al ‘n deel van die vooraansig van dié skool.
Leerders wat deel is van die skool se Eko skoleprojek, het Vrydag self die fontein skoongemaak en alge verwyder wat begin het om oor te groei. Daar is goudvissies in die water wat van die alge leef, maar die oorgroei word ‘n paar keer deur die jaar skoongemaak. Die fontein is destyds deur die ouervereniging opgerig. Verlede jaar het die Eko-skoleprojek met ‘n tuinmaakprojek in die kleine by die fontein begin en is potte gekoop en blomplante geplant wat seisoenaal geplant en onderhou word. Een van die terreinwerkers, Charles Chuta, help ook baie en het ‘n oog vir ‘n mooi tuin.
Die skoonmaak van die fontein was die tweede Eko-skoleprojek vir die jaar waarby leerders betrokke is, en as hulle dit regkry om vyf projekte vir die jaar te voltooi, wag daar platinum 2 status vir die skool.
Vroeër vanjaar is ‘n bydrae gegee vir Wêreld Herwinningsdag toe herwinbare materiaal soos plastiek, blik en glas bymekaar gemaak is.
Hoërskool Parys het as Eko-skool in 2019 platinumvlag-status bereik wat beteken het dat die skool sewe jaar lank suksesvol in “eko”-nomiese projekte soos bewaring, herwinning en omgee vir die gemeenskap, betrokke was.
Ongelukkig kon daar in 2020 geen projekte gedoen word nie, omdat Covid-19 protokol dit verhinder het. Hoërskool Parys het reeds in 2018 internasionale vlagstatus verwerf – ‘n prestasie waarmee baie min hoërskole in die land kan spog.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button