Sommer twee bekendes in Parys
Sommer twee bekendes in Parys
Vir Suid-Afrikaners is die gesig van akteur Hennie Smit sinoniem met die karakter ‘Bertie’ wat hy van 1991 tot 2009 in die TV-sepie “Egoli: Plek van Goud” vertolk het. Maar baie onthou hom ook vir sy rol as Sooi in Leon Schuster se “You must be joking”, of as Bulletjie Brits in “Tawwe Tienies”. Selfs in die gewilde TV-reeks “Koöperasiestories”, en “Nommer Asseblief”. Die 77-jarige Hennie het Sondag ‘n draai in Parys gemaak waar hy middagete by die Plum Tree restaurant geniet het. En sowaar – daar loop hy ‘n kennis van hom en nog ‘n bekende raak by die einste restaurant – “Boer soek ’n vrou” se boer Kobus van Randfontein wat toevallig Sondag op dieselfde tyd as Hennie by die restaurant was.