Die veelbesproke bakleiery op die gholfbaan wat op video vasglê is en die hele land aan die gons het, het op Vrydag 9 April by die Maccauvlei-gholfklub, een van die oudste gholfklubs in die land, in Vereeniging gebeur.

VEREENIGING. – Twee plaaslike sakemanne het glo oor ‘n selfoon gestry voordat die vuiste by die negende putjie geklap het.
Die voorval het tydens ‘n gholfdag van die Laerskool Vryheidsmonument plaasgevind.


Volgens Leon Kruger, die algemene bestuurder van die gholfklub, is dit die eerste keer in die vyftien jaar wat hy bestuurder by die gholfklub is wat so iets gebeur.

https://vaalweekblad.com/91689/vuiste-klap-by-maccauvlei-tydens-skool-gholfdag/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



