NewsNews

Hier’s wat jy wil weet van abseiling tot zipline

Hier’s wat jy wil weet van abseiling tot zipline

 

Stap jy in by die Parys Info-kantoor oor ‘n naweek, is dit die ene bedrywigheid. Besoekers aan die dorp wat wil weet van akkommodasie, tot wat om te doen in Parys. Tussendeur lui die telefoon onophoudelik – mense wat ‘n telefoonnommer of besigheid soek. Dit is hier waar toeriste, nuwe intrekkers, maar ook inwoners gereeld kom aanklop vir inligting. Dit is waar jy weet dat die vriendelike gesigte van Louise Kenny en Werda Visser geen moeite ontsien om meer as die ekstra myl vir jou te loop om seker te maak jy kry die inligting waarna jy soek – of dit ‘n telefoonnommer of ‘n volledige verwysing is na die waar en hoe in Parys. Dit is hier waar jy dit sal kry! Parys se Info-kantoor is vanjaar 30 jaar oud en het sy ontstaan te danke aan die Parys Ontwikkelingsforum wat die diens gevisualiseer het met sy stigting in November 2001. Beide die forum en die Info-kantoor se doel is om die groter Parys te bemark – nie net plaaslik nie, maar by elke moontlike geleentheid, ook nasionaal.       Met baie Info-kantore wat gedurende inperking hul deure moes sluit, is Parys een van min dorpe wat nog die luukse van ‘n Info-kantoor het, danksy die ondersteuning van sakelui wat deel is van die Ontwikkelingsforum en hierdie inisiatief moontlik maak. As jy gewonder het wat die personeel van die Info-kantoor doen om die dorp te bemark, is die lys lank. Die besoek die afgelope week van leerders van die St Johns Private School van Johannesburg is ‘n sprekende bewys van wat gedoen word.

Danksy Louise se hulp kon die organisasie, Community Hours, ‘n program vir die leerders saamstel met organisasies waar hul gemeenskapsure ‘n verskil kon maak. Die DBV, die mu- seum, Epilepsie SA, die skoonmaak van die rivieroewer, die Tumahole Selfhelp Organisation for the Disabled – almal plaaslike organisasies en projekte wat gebaat het by die inisiatief die afgelope week.   Dan was daar die Red Ribbon voedselprojek wat talle gesinne en individue gedurende grendeltyd gehelp het om te kon oorleef met voedsel wat voorsien is. Bokse met ‘n bietjie bederf vir tienermeisies in nood wat gepak is danksy ‘n projek van sakevroue, We Do Deals on Heels. ‘n Kersboomprojek vir kinders van Parys wat minder het, ook in samewerking met Red Ribbon en We Do Deals on Heels, Gebottelde water wat in Parys versprei is in tyd van waternood danksy die Water Warriors, die Parys Jerusalema inisiatief, die SA Senior Dames Gholfkampioenskappe wat plaaslik gehou is, nagmark inisiatiewe saam met We Do Deals on Heels. Alles gemeenskapsprojekte waarmee die Info-kantoor gehelp het met die bemarking saam met die projek organiseerders.   Daar word gereeld met radiostasies soos Overvaal Stereo en KSFM en die gedrukte media geskakel. So is onlangs ook gehelp met verwysings vir ‘n bemarkingsartikel vir die dorp in die Getaway tydskrif en die KykNet-program, “Met ‘n Huppel in die Stap”.

Daar was die gereelde maandelikse betrokkenheid by Business Network meetings, hulp met vertonings en ondersteuning vir die dorp se eerste kunstefees wat in 2018 gehou is. Menige Parysenaar sal ook die Domefeeste en die baie gewilde Dragon Boat Festival onthou wat die Parys Ontwikkelingsforum se inisiatief was en jaarliks groot getalle besoekers na die dorp gelok het. So ook die FS/Madeira Flower Festival. Groot toerisme geleenthede vir die dorp waar die rol wat die Info-kantoor in die bevordering van toerisme gespeel het, nie misgekyk kan word nie.  

Dit is by die Info-kantoor waar jy ‘n spog glans toeristegids sal kry wat vir jou alles en nog wat vertel van absailing tot zipline. Die gids is geborg deur die Fezile Dabi streeksmunisipaliteit met wie daar ten nouste saamgewerk is om die gids te kon saamstel. In September verlede jaar is besoekers met die Passport to Parys projek na die dorp gelok, en is daar ook tans ‘n inligtingspamflet vir die Venterskoon-vallei by die Info-kantoor beskikbaar waar inwoners en besoekers al die inligting kry van hierdie juweel in die hart van die Vredefort Koepel. Voor die beperkings wat die Covid-19 pandemie gebring het, was die Info-kantoor jaarliks verteenwoordig by die Africa’s Travel Indaba saam met rolspelers in die toerismebedryf uit al die provinsies, maar ook internasionaal. As jy in gedagte hou dat na raming tussen 9 000 en 12 000 voertuie oor die Paasnaweek deur Parys beweeg het, besef jy dat die Parys Info-kantoor sonder twyfel ‘n diens bied aan inwoners en besoekers wat die dorp se grootste ekonomiese trekpleister – toerisme – help bevorder.

Maak ‘n draai by die kantoor Maandae tot Saterdae van 09:30 tot 17:00 of skakel (056) 811 4000/067 278 2860. Gaan kyk ook gerus na www.infoparys.co.za of die Facebook-blad Parys Info Centre.    

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button