NewsNews

Begraafplaas-skande: Parys#Selfdoen – so kan jy help

Begraafplaas-skande: Parys#Selfdoen - so kan jy help

 

Die toestand van Parys se ou begraafplaas langs die hoofpad is al vir jare ‘n hartseer vir mense wie se geliefdes hier begrawe is. Grafte is kwalik sigbaar tussen die lang gras in dié begraafplaas wat beswaarlik meer toeganklik is. Vrywilligers uit die gemeenskap van Parys het egter ‘n tyd gelede begin om projekte in die dorp te loods om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

So is daar al slaggate reggemaak, skoongemaak langs die spruit op die h/v Breë en Van Collerstraat, die museumgebou geverf en die museum se tuin weer netjies gemaak.

Saterdag, 24 April gaan hierdie vrywilligers die groot taak aanpak om te begin skoonmaak in die dorp se ou begraafplaas.

As jy ook geliefdes het wat hier begrawe is, of die toestand van die begraafplaas ook vir jou na aan die hart lê – wil jy nie kom help op Saterdag 24 April nie? Skakel vir Fanie Kruger by 072 989 0901 as jy bereid is om te help om te hoor wat jy kan doen.

Die werk wat in die gemeenskap gedoen word deur vrywilligers met verskeie aksies werp reeds vrugte af. Jy kan help om ‘n verskil te maak.    

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button