
Verskeie projekte is gedurende Maart in Parys aangepak deur lede van die plaaslike AfriForum-tak. Met die projekte is altesaam 15 sakke teer gebruik om slaggate in Grensstraat op te vul. Saam met die Parys Selfdoengroep is in en om die spruit by die kruising van Van Coller- en Breëstraat skoongemaak. As deel van die Erfenisdagvieringe op 21 Maart, is daar ook gehelp om saam met die Voortrekkers en ander vrywilligers, die plaaslike museum op te knap.
AfriForum Buurtwag ry gereeld patrollies in die dorp en waarsku hulle inwoners om hekke en deure gesluit te hou. Met die patrollies word daar steeds heelwat hekke en motorhuisdeure gesien wat oopstaan ná skemer, sê Fanie Kruger, leier van AfriForum se Parys-buurtwag.
Met huisbrake, asook diefstal van tuingereedskap en asblikke wat steeds toenemend voorkom, is dit hier waar inwoners moet seker maak dat nalatigheid nie ‘n ope uitnodiging is vir misdadigers nie. Meld ook voorvalle van misdaad aan, maak nie saak hoe gering dit is nie, sê hy. Pieter Struwig, voorsitter van AfriForum se Parys-tak, meen samewerking tussen organisasies in die dorp is goed en kan mense wat by die plaaslike AfriForum-tak betrokke wil raak, vir Jenny Kruger by 082 090 2563 skakel.




