NewsNews

Hofverrigtinge weer uitgestel

Vyf se lot nog later gehoor

 

 

Hofverrigtinge vir die indien van getuienis oor ‘n voorvonnisverslag vir Loedie van der Westhuizen, korrektiewe toesig verslae vir Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Jansen van Vuuren, en slagoffer-impakverslae vir die oorledenes se familie is vir die derde keer gister, Dinsdag 6 April,  in die Hoë hof in Parys uitgestel nadat die verrigtinge in Desember en Januarie ook uitgestel is.
Die hoë hof sal nou op 6 en 7 Mei in Parys sit.
Regter Corné van Zyl het reeds in 2019 al vyf die beskuldigdes skuldig bevind aan aanranding na die dood van Tumelo Simon Jubeba en Samuel Tjixa, terwyl Loedie van der Westhuizen (jr.) ook skuldig bevind is aan ‘n klag van regsverydeling. Boeta wat ook van regsverydeling aangekla was, is egter onskuldig bevind op dié klag.
Die staat het in sy saak aangevoer dat die beskuldigdes vir Tjixa en Jubeba na bewering sodanig sou aangerand het op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik, dat hul kort daarna aan hul beserings beswyk het in die Parys en Pelenomi-hospitale onderskeidelik.
Tjixa en Jubeba is deur ‘n groep mans aangekeer nadat verskeie boere op die noodroep gereageer het na ‘n plaasaanval op Loedie van der Westhuizen (sr.) op die plaas Biesiesbult,
Dit was uiteindelik die getuienis van ‘n afgetrede patoloog, prof. Jan Botha, wat vir die verdediging getuig het, wat die staat se getuienis op sy kop gedraai het.
Regter Van Zyl het in ’n verkorte uitspraak verlede jaar gesê prof. Botha se getuienis was onbetwisbaar en was dit wat hy getuig het in skerp kontras met wat deur die 204 getuies gesê is. Hy het sy getuienis suiwer gebaseer op die nadoodse verslae, foto’s en ander getuienis wat toe reeds voor die hof gehou was.
Dit was uit sy getuienis duidelik dat die oorledenes kon sterf weens onvoldoende mediese hulp en die ernstige beserings wat hul moontlik kon opdoen in hul reeds beseerde toestand toe hulle oor ruwe terrein van die plaas Swartklip met ‘n polisievangwa vervoer is om die ambulans langs die pad te ontmoet wat hulle verder sou vervoer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button