News

Bekende rolbal-egpaar sterf kort ná mekaar

Bekende rolbal-egpaar sterf kort ná mekaar

 

Die President van Noordwes Rolbal, Jan Koekemoer, is Sondag 4 April oorlede na ’n ligte hartaanval wat hy op 8 Maart gehad het, en toe ook positief getoets het vir Covid-19. Hy was sederdien in die hospitaal onder sedasie.
Sy vrou Helena, ‘n staatmaker rolbalspeler, het ook positief getoets vir Covid-19 en is op Vrydag 19 Maart opgeneem in die hospitaal. Sy is op Sondag 21 Maart oorlede.
Ronnie Palmer, ervare speler en adminstrateur, beskryf wyle Jan as ‘n deeglike president wat alles vir die spel gegee het. “Jan was ‘n man wat geglo het in die ou waardes en nie maklik kopgegee het vir vernuwing wat hy nie as noodsaaklik beskou het nie.”
Hy is altyd ondersteun deur sy vrou, Helena, en die twee was aangename mense wat altyd tyd gehad het vir ander.
Rolbal Suid Afrika het ook op sy webblad hul medelye uitgespreek met die afsterwe van Jan Koekemoer, en dankbaarheid uitgespreek vir die groot bydrae wat hy tot die sport gelewer het.
Rolbal in Noordwes gaan beslis armer wees sonder die Koekemoers. Rus in vrede.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button