

Spelers van Parys-ringtennisklub het weer die naweek kon spog met skitter uitslae na hul deelname aan die SA Ringtennis Gemengde Dubbel-kampioenskappe.
By die o.13’s het Arno Hattingh en Dineke Koekemoer ‘n tweede plek verower, met Adriaan Lewies en Lené van der Merwe wat derde was o.13. Baie geluk ook aan Braidon Brandon en Johannique Koekekoer wat geskitter het met ‘n 11de plek in die o.13 kragmeting.

‘n Baie trotse Dineke Koekemoer en Arno Hatting met hul silwermedaljes, saam met Shoni Nsinga (SA Ringtennis raadslid) en Johan Visser ((visepresident van die SA Ringtennis Raad). Foto’s: Verskaf

Adriaan Lewies en Lené van der Merwe het derde in die o.13-afdeling geëindig en kon spog met bronsmedaljes na afloop van die SA Ringtennis Gemengde Dubbel-kampioenskappe. By hulle is Shoni Nsinga (SA Ringtennis raadslid) en Johan Visser (visepresident van die SA Ringtennis Raad).
In die o.16-afdeling verower Karla van Heerden van Parys en Marnu Claase van Gauteng-Sentraal ‘n vierde plek.
Esther Goosen van Parys, en Johan Kriel van Sedibeng het op hul beurt sesde in die Veterane-afdeling geëindig.




