NewsNews

Nog skitter prestasies vir plaaslike ringtennisklub

Nog skitter prestasies vir plaaslike ringtennisklub

Spelers van Parys-ringtennisklub het weer die naweek kon spog met skitter uitslae na hul deelname aan die SA Ringtennis Gemengde Dubbel-kampioenskappe.
By die o.13’s het Arno Hattingh en Dineke Koekemoer ‘n tweede plek verower, met Adriaan Lewies en Lené van der Merwe wat derde was o.13. Baie geluk ook aan Braidon Brandon en Johannique Koekekoer wat geskitter het met ‘n 11de plek in die o.13 kragmeting.

 

 

‘n Baie trotse Dineke Koekemoer en Arno Hatting met hul silwermedaljes, saam met Shoni Nsinga (SA Ringtennis raadslid) en Johan Visser ((visepresident van die SA Ringtennis Raad). Foto’s: Verskaf

 

Adriaan Lewies en Lené van der Merwe het derde in die o.13-afdeling geëindig en kon spog met bronsmedaljes na afloop van die SA Ringtennis Gemengde Dubbel-kampioenskappe. By hulle is Shoni Nsinga (SA Ringtennis raadslid) en Johan Visser (visepresident van die SA Ringtennis Raad).

In die o.16-afdeling verower Karla van Heerden van Parys en Marnu Claase van Gauteng-Sentraal ‘n vierde plek.
Esther Goosen van Parys, en Johan Kriel van Sedibeng het op hul beurt sesde in die Veterane-afdeling geëindig.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button