Nou kort nog sinkplate vir gemeente se kerk-droom

Nou kort nog sinkplate vir gemeente se kerk-droom

 

Al wat nou nog kortkom is sinkplate om die droom van ‘n eie kerkgebou vir lidmate van die Christen-gemeente in Schonkenville te bewaarheid.
Dié gemeente is in die laat tagtigerjare gestig en het vandag sowat 50 lidmate. Aanvanklik is in ‘n huis kerk gehou, en later is die gemeenskapsaal in Schonkenville gehuur vir eredienste.

 

 

 

Toe die gemeente die grond gekry het, is die sinkstruktuur opgerig, maar was dit Herman Johnson, hoofleier van die gemeente, se visie om ‘n kerk vir die gemeente te bou, omdat die sinkstruktuur net té klein en té warm geword het om in kerk te hou.
Lidmate – oud en jonk, het toe self moue opgerol en begin bou soos wat daar geld was vir boumateriaal, en met die hulp van skenkings wat ontvang is. Hoewel die aanvanklike plan was om die kerkgebou te kon voltooi teen Desember 2020, is die steenwerk nou klaar en is daar fluks gevorder sedert met die bouwerk begin is verlede jaar.
Die kerkgebou sal uiteindelik sitplek vir 100 mense hê.
As jy kan help met sinkplate, skakel Herman by 072 764 3731.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button