NewsNews

Kragtariewe: Skok vir munisipaliteite

Kragtariewe: Skok vir munisipaliteite

 

“Munisipale kragverbruikers moet hulle gereed maak vir ‘n stywe verhoging van kragtariewe vanaf 1 Julie 2021.”
So sê Vryheidsfront Plus raadslid, Phillip van der Merwe nadat die Ngwathe Munisipaliteit pas kennis van Eskom ontvang het dat die Nasionale Elektrisiteitsreguleerder (NERSA) ‘n tariefverhoging van 17,80% aan hom toegestaan het vir kragvoorsiening aan munisipaliteite. Eskom het hom vroeër na die Hoë Hof gewend nadat NERSA aanvanklik geweier het om die verhoging wat Eskom aangevra het, goed te keur. “n Algemene verhoging van 15,06% is nou deur NERSA vir Eskom goedgekeur. Dit moet verhaal word binne sy finansiële jaar wat op 1 April begin. Omdat die munisipale finansiële jaar egter, anders as Eskom se eie, eers op 1 Julie begin, en daar dus eers vanaf dan vir verhogings in munisipale tariewe begroot kan word, moet Eskom die totale verhoging vanaf munisipaliteite verhaal binne die termyn waarin die twee begrotings oorvleuel. Dit bring mee dat die tariewe dan vir munisipaliteite styg met 17,80% in plaas van die standaard tarief van 15,06%.
Volgens rdl. Van der Merwe sal die munisipaliteit benewens die verhoging wat hy aan Eskom sal moet betaal, uiteraard ook sy eie tariewe moet aanpas om minstens vir inflasie daarin te voorsien. Die 2021/22 begroting is tans in proses van voorbereiding vir voorlegging aan die publiek tydens die verpligte openbare deelname proses voordat die begroting teen einde Mei 2021 finaal goedgekeur moet word deur die Raad.
Inwoners moet die pers dophou vir inligting oor die plekke en tye waarop openbare vergaderings vir die doel van insette oor die begroting gehou sal word. Insette kan ook per e-pos gestuur word aan budgetsubmissions@ngwathe.co.za.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button