NewsNews

Eendjies, eendjies stap in ’n ry…

Eendjies, eendjies stap in ’n ry...

Parys DBV-personeel het die naweek tot die redding van dié ma-eend en haar kroos van sewe gekom wat onder ‘n leiwaterbruggie naby Choppies vasgesit het. ‘n Lid van die publiek het die DBV se hulp gevra nadat die eende opgemerk is, maar toe skielik onder die bruggie verdwyn het, en nie weer daarna gesien is nie. Met die leiwaterkanale en vore wat nie gereeld skoongemaak word nie, was die kommer dat hulle dalk iewers vassit. Ma en kroos is deur die DBV uitgehelp en het toe weer die pad gevat na waar hulle tuis is in die omgewing. Omdat daar in daardie stadium water in die voor was, bestaan die vermoede dat moeder eend die kleintjies in die water wou kry.    

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button