NewsNews

Treinstasie brand: oorsaak kan nie bepaal word

Treinstasie brand: oorsaak kan nie bepaal word

Die forensiese spesialiste wat die oorsaak van die brand by die historiese stasiegebou in Piet Bosmanstraat in Potchefstroom ondersoek het, kon nie bepaal wat die brand veroorsaak het nie.

So sê kol. Adéle Myburgh, kommunikasiewoordvoerder van die polisie in die Noordwes.

Die brand het verlede jaar op Saterdagaand, 19 September uitgebreek en die pragtige gebou wat in 1919 opgerig is heeltemal vernietig. Die gebou was as ‘n nasionale gedenkwaardigheid geklassifiseer.

“Hoewel daar inwoners is wat bespiegel dat die brand gestig is, kan brandstigting nie bewys word nie,” het kol. Myburgh nou bevestig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button