
Al wat plastiek, glas en bottelbydrae is, is verlede week deur leerders van Hoërskool Parys bymekaar gemaak vir Wêreld Herwinningsdag wat Donderdag, 18 Maart gevier is.


Dit was dan ook die skool se eerste Eko-skoleprojek vir die jaar. Eko-skole doen jaarliks vyf projekte.
Hoërskool Parys het as Eko-skool in 2019 platinumvlag-status bereik wat beteken het dat die skool sewe jaar lank suksesvol in “eko”-nomiese projekte soos bewaring, herwinning en omgee vir die gemeenskap, betrokke was.
Ongelukkig kon daar in 2020 geen projekte gedoen word nie, omdat Covid-19 protokol dit verhinder het.
Vanjaar sal daar egter weer aan die Eko-skoleprojekte deelgeneem word.
As die skool dit regkry om weer vyf projekte deur die jaar te kan afhandel, verdien die skool platinum 2 status.
Hoërskool Parys het ook reeds in 2018 internasionale vlagstatus behaal – ‘n prestasie waarmee baie min hoërskole in die land kan spog.




