Home & GardenLifestyle

Tuinpraatjie: Meerkatte, molle en koringkrieke!

Tuinpraatjie: Meerkatte, molle en koringkrieke!

Ā  Ā 

 

Ek dink daar is min dinge so frustrerend as om wakker te word en ’n molshoop in jou tuin te sien … seker een van die lelikste wesens ooit, en baie uitgeslape! Ek weet van tuiniers wat uit pure moedeloosheid brandstof in die gate spuit en aan die brand steek! Groot fout!

 

Die ou mense het geglo aan stink motbolle in die gate druk, maar mĆ“re is daar ā€˜n nuwe hoop. Party tuiniers sit letterlik met ā€˜n ā€˜pellet’ geweer en skiet die gediertes as hulle uit hul gate loer. Daar is egter deesdae baie doeltreffende gifmiddels op die rakke, maar neem asseblief in ag dat die gif dalk in ā€˜n uil se maag kan beland! Vir my is ergste gogga ā€˜n koringkriek. Hulle rig ongelooflike skade aan op grasperke en ongelukkig kan jy die gogga slegs saans jag! Jy sal sterk skottelgoedseepwater in ā€˜n emmer, ā€˜n flits en jou dikste, sterkste paar skoene nodig hĆŖ. Gooi die water op die geel kolle gras en wag geduldig met jou flits – as hy uitkom, trap hom dood met jou skoen – is my raad. Naas ā€˜n sprinkaan is dit die enigste gogga wat my laat gril dat my hare regop staan … en die grillie kan vlieg ook! Los die lyke op die gras – nie net waarsku dit die ander koringkrieke nie, maar dit dien ook as kos vir voĆ«ls!

 

Illustrasiefoto: Google Images

Foto: Sanette Henderson.

 

Deesdae kry ons baie meerkatte in die dorpstuine – en ja, ek weet dat daar ā€˜n stigma aan hulle klou rondom hondsdolheid. Ons as troeteldiereienaars word juis vermaan om ons honde en katkinders te laat inent teen die siekte. Kanse dat meerkat jou as mens sal aanval is minder as om ā€˜n slang in jou erf te kry. Enigste rede hoekom meerkat jou woef of kat sal aanvat, sal wees oor kos wat buite staan. Weet jy dat dit een van die mees natuurlike jagters is in ons tuine? Was verheug toe ek onlangs tuis kom en een op my sypaadjie sien!

By die Parys Golf & Country Estate is daar honderde meerkatte en feitlik geen molshope of koringkrieke nie! Meerkat hou ook slange uit jou tuin, iets wat volop is in Parys! En ja, meerkat gaan so bietjie grou in jou grasperk, maar sy skade bring meer stimulasie as verwoesting. Die foto van die meerkat by die Simplicity roos het ek geneem in ā€˜n tuintjie in die industriĆ«le gebied waar ons hulle gevoer het om ons te help ontslae raak van natuurlike peste! Ek het verlede week vertel van die reuse arend wat my vroegoggend begroet het in ā€˜n tuin. Ons is baie bevoorreg om nog natuurlike roofvoĆ«ls (arend, valk en uile) in ons tuine te hĆŖ. Ons is net so geseĆ«nd met die meerkat-kinders. Neem asseblief diĆ© natuurlike jagters in ag voordat jy als begin doodmaak met gif! Gif is maklik en vinnig, maar ons is kinders van Afrika, moeilik was nog altyd ons ā€œmaklikā€! Raak stil … luister na die geroep van die arend … sit stil en verwonder jou aan die meerkat, eerder as hom te verjaag. Begin vandag en bevorder natuurlike ekologie in jou eie stukkie tuin!

ā€œIn die natuur gebeur niks in isolasie nie. Elke verskynsel beĆÆnvloed die ander en word op sy beurt daardeur beĆÆnvloed; en dit is oor die algemeen die vergeet van hierdie beweging en van hierdie universele interaksie wat voorkom dat ons natuurkundiges die eenvoudigste dinge duidelik kan raaksienā€ – Friedrich Engels, Duitse filosoof en rewolusionĆŖr. Ā  Ā 

Ā 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button