NewsNews

750 Lewens, 250 eenhede

750 Lewens, 250 eenhede

 

 

Elke twee sekondes van elke dag het iemand iewers in die land bloed nodig. Bloed waarmee ‘n lewe gered kan word.
Met die 250 eenhede bloed wat sakeman Adrie van den Bergh van Parys oor die afgelope 56 jaar geskenk het, het hy reeds ‘n verskil in bykans 750 pasiënte se lewens gemaak.
Vir Adrie het dit alles begin met die besluit van ‘n groep orkeslede op ‘n dag om te gaan bloed skenk. Na daardie eerste skenking het hy geweet dat hy moes aanhou, want op hierdie manier kon hy ander in nood help.
Hoewel hy nog nooit voorheen self ‘n bloedoortapping nodig gehad het nie, sê hy dis eenvoudig ‘n kopskuif wat jy moet maak – om aan te hou skenk.
Net 30 minute van jou tyd, vier keer per jaar.
Oor die jare was daar geleenthede wat hy weens omstandighede nie kon skenk nie, en as dit nie daarvoor was nie, was hy al by die 350 eenhede kerf, sê hy.
● Om bloed te skenk moet jy tussen 16 en 75 jaar oud wees
● Minstens 50kg weeg
● Goeie gesondheid geniet
● ‘n Veilige leefstyl handhaaf
● Daartoe verbind wees om gereeld bloed te skenk.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens se mobiele skenkerskliniek is weer Maandag, 22 Maart in Parys by Jimmy Jaggers Bar & Grill van 10:00 tot 15:00.
Individue, families, besighede en organisasies word uitgedaag om hul steun te wys deur die geleentheid te ondersteun.
Elke skenker sal ‘n geskenk as blyk van waardering vir hul onbaatsugtige bydrae ontvang.
Die doelwit vir die dag is 50 eenhede bloed wat die lewens van bykans 150 mense kan red.

 

Related Articles

Back to top button