News

Sakeliga reik uit na We Care

Sakeliga reik uit na We Care

Sakeliga Parys het die afgelope week uitgereik na We Care. Hulle het ’n kettingsaag aan dié vrywilliger organisasie oorhandig om so ook hul hande te sterk met die verdienstelike werk wat sonder vergoeding in die gemeenskap gedoen word.

Dié saag sal hul taak aansienlik vergemaklik wanneer daar gereeld ingespring en gehelp moet word om bome wat geval het, op te saag en te verwyder, asook om laaghangende boomtakke af te saag. Die takke veroorsaak dat kraglyne in die takke verstrengel raak, en in stormweer aan mekaar raak en sodoende kortsluitings veroorsaak.  

Related Articles

Back to top button