ArcelorMittal-hoof vermoor
ArcelorMittal het in ‘n mediaverklaring sy innige simpatie oorgedra aan die familie van mnr. Peet Snyders (hoof van ArcelorMittal Suid-Afrika Coke-aanleg), en gesê dat daar nog baie onduidelikheid is rakende die moord, maar dat die maatskappy sy volle samewerking sal gee om toe te sien dat die skuldiges aangekeer word en geregtigheid geskied. Snyders (47) …

ArcelorMittal het in ‘n mediaverklaring sy innige simpatie oorgedra aan die familie van mnr. Peet Snyders (hoof van ArcelorMittal Suid-Afrika Coke-aanleg), en gesê dat daar nog baie onduidelikheid is rakende die moord, maar dat die maatskappy sy volle samewerking sal gee om toe te sien dat die skuldiges aangekeer word en geregtigheid geskied. Snyders (47) word oorleef deur sy vrou en twee kinders.
Kobus Verster, Hoof Uitvoerende Bestuurder van ArcelorMittal het in ‘n mediaverklaring gesê dat Snyders op pad huistoe was na werk, toe hy by die Delfos- en Hertz Boulevard-kruising dood geskiet is. Volgens Polisiewoordvoerder Brigadier Mathapelo Peters is daar tot dusver vasgestel dat vier mans met wit balaklavas oor hul gesigte, vanuit ‘n groen motor (registrasienommer onbekend), op Snyders losgebrand en hom noodlottig gewond het. Hy het op die toneel gesterf.
- Enigiemand met inligting rakende die moord word gevra om hul naaste polisiestasie te kontak. Daar kan ook van die Crime Stop nommer 08600 10111 of die MySAPS toep gebruik gemaak word indien iemand anoniem wil bly.
Lees die oorspronklike berig hier:





