News

Vandag is jou plek leeg in die strate van Parys

Vandag is jou plek leeg in die strate van Parys

     

Vir die afgelope 21 jaar was die gesig van Samuel Molaba agter die stuur van die bakkie wanneer hy Donderdae saam met sy span die Parys Gazette in die dorp versprei het, ‘n bekende prentjie. Maar vandag is anders. Vandag was Samuel se plek leeg. Samuel is Sondag 14 Maart oorlede, vermoedelik aan sy hart. Hy was ‘n boorling van Welkom en vir 26 jaar lank gemoeid met die verspreiding van koerante en strooibiljette. Hy was ten tyde van sy dood in diens van ENLD. Samuel se dood laat ‘n groot leemte by nie net sy span nie, maar ook sy kollegas met wie hy jare lank saamgewerk het. Ons salueer jou Samuel vir die jare wat jy getrou gesorg het dat Parysenaars elke Donderdag ‘n Gazette in die posbus gehad het. Ons diepe medelye met sy familie en kollegas.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button