Weer geen Aardklop vanjaar
Weer geen Aardklop vanjaar nie
Potchefstroom se Aardklop Nasionale Kunstefees sal vir ‘n tweede jaar agtereenvolgens nie gehou word nie. Die fees sou vanjaar van 28 September tot 3 Oktober gehou word, maar het die uitdagings van Covid-19 weer ‘n stokkie voor die fees gesteek net soos in 2020. Die fees kan net in ‘n skoolvakansie aangebied word.
Die Noordwes Universiteit het sy akademiese jaar aangepas om Aardklop te kan akkommodeer, maar sedertdien is die skoolvakansie datums aangepas en kan die fees ook nie sonder die universiteit se lokale aangebied word nie. Boonop kan die fees nie eens in vlak 1 van inperking aangebied word nie, omdat dit ‘n massabyeenkoms is.
Maar Aardklop is reeds kliphard aan die werk vir die skep van ander platforms vir die bevordering van die kunste. So is die Aardklop Aubade in Desember by die Afrikaans Hoër Seunsskool in Pretoria gehou, en Pronk Podium, ‘n tiener- en studente toneelproduksie, en die Klopkidz kinderprojek, a aanlyn gehou. Die produksie, Spertyd met aktrise Sandra Prinsloo, het sy debuut gehad in Kaapstad onder die Aardklop vaandel.
Dan beplan die Aardklop-organiseerders ook afhangende van die beskikbaarheid van lokale ‘n Opwipfees in September tot November in Johannesburg, Pretoria en Potcefstroom.




