News

Meer geld te wen met vanjaar se Ekspo

Meer geld te wen met vanjaar se Ekspo

Dis weer tyd vir die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se jaarlikse Internasionale Afrikaans-Ekspo, en vanjaar is die prysgeld selfs nog groter! Die ekspo bied jaarliks ’n opwindende skryf- en kreatiewe kunstekompetisie wat fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Tesame met die feit dat dit pret is om deel te neem, word leerders ook gehelp met hulle skryfproses deurdat hulle terugvoer kry van die beoordelaars.

Dit is vanjaar die vyfde jaar wat dié kompetisie aangebied word. Buiten vir ’n nuwe jaar, kan jy vanjaar groot geld vir jouself en vir jou skool wen. Die skool met die grootste deelname staan ’n kans om R10 000 te wen en die junior en senior algehele wenners ontvang elkeen R2000, en hul skool ook R2000!

Die Ekspo bestaan uit agt kategorieë, waaronder dagboekinskrywing, resensies, opstelle, kortverhale, poësie, voordrag, fotografie en kuns (skilderkuns en tekenkuns) waarin jy jou kreatiwiteit oftewel liefde vir boeke kan uitleef. Stof dus jou kamera af, haal die verfkwaste uit en maak daardie potlode skerp om jou reis met boeke uit te beeld of vertel die beoordelaars in ’n opstel, resensie of opstel hoekom boeke jou so na aan die hart lê. Danie du Toit, voorsanger van Spoegwolf, beoordeel vanjaar die poësie-afdeling. Inskrywings sluit 12 Julie 2021.

Wie kan deelneem?

Alle graad 1- tot 12-leerders en studente in Suid-Afrika en Namibië asook enige land ter wêreld waar Afrikaans as moedertaal of nie-moedertaal gebruik of bestudeer word. Deelname is gratis. Gr. 1- tot 5-leerders kan deelneem aan skilderkuns, poësie en voordrag, terwyl alle ander leerders en studente aan al die kategorieë mag deelneem.

Jy mag ook in een of meer kategorieë deelneem.

Hoe neem jy deel?

Skryf aanlyn in by ekspo.fak.org.za. Skilderye en kunswerke kan per hand by die FAK-kantoor by die Voortrekkermonument in Pretoria ingehandig word.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button