Sport

Parys-ringtennisklub maak hul merk by SA Dubbels

Parys-ringtennisklub maak hul merk by SA Dubbels

 

 

Links is Johan Ferreira, voorsitter van Gauteng Sentraal, met Phil Rawlins, voorsitter van Guteng-Noord heel regs. Hulle het die medaljes aan Esther Goosen (tweede van regs) en Irmarie Reynecke oorhandig. Foto’s: Verskaf

Lede van Parys-ringtennisklub het voorverlede Saterdag aan die SA dubbel kampioenskappe deelgeneem, waar Arnoh Hattingh en sy spanmaat Jaydé Claassen ‘n skitterende derde plek in die s.o.13-afdeling behaal het, en so hul bronsmedaljes verwerf het.
Esther en haar spanmaat, Irmarie Reynecke, het ook derde geëindig in die dames veterane-afdeling, en elkeen met ‘n bronsmedalje weggestap.
Esther het enkele dae voor die kampioenskappe haar 68ste verjaardag gevier. Wat haar prestasie so merkwaardig maak is dat sy in die dames veterane-afdeling moes meeding met vroue van 40 jaar en ouer.
Met beide Arnoh en Esther se skitterprestasies is dit ‘n groot pluimpie vir Parys se ringtennisklub wat nog in sy kinderskoene staan met slegs die derde seisoen waar hulle deelgeneem het.

Van links is Johan Ferreira (voorsitter van Gauteng-Sentraal), Arnoh Hattingh van Parys, sy spanmaat Jaydé Claassen, en Phil Rawlins (voorsitter van Gauteng-Noord) wat die medaljes oorhandig het

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button