News

Vroue in Vredefort bid saam

Vroue in Vredefort bid saam

 

Wêreldbiddag vir Vroue is Vrydag, 5 Maart ook in Vredefort gehou met ‘n diens gelei deur past. Juan Greeff in die dorp se NG Kerk. Met die jaarlikse biddag kry Christen vroue in meer as 170 lande die geleentheid om bymekaar te kom om saam te bid. Die geleentheid bring vroue van alle rasse, kulture en kerke saam om vir vrede en geregtigheid te bid.
Elke jaar word daar gefokus op ‘n ander land met ‘n unieke tema, en word die biddag op die eerste Vrydag in Maart gehou. Vanjaar se materiaal vir die Wêreldbiddag vir Vroue is deur die vroue van Vanuatu ontwikkel. Die tema is, “Build on a strong foundation”.
Die teksvers wat gekies is, is Mat-theus 18:19.

 

Past. Greeff het in sy boodskap gefokus op die woorde van Paulus in Handelinge 27 – “hou moed, want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is.” Selfs in die ergste stormwater, kon Paulus moedhou omdat sy geloof geanker was in God.
Die eerste Wêreldbiddag vir Vroue in Suid-Afrika is in Maart 1930 in die Kaap gehou.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button