Home & GardenLifestyle

Tuinpraatjie: Herfs…genade-seisoen van kleur

Tuinpraatjie: Herfs...genade-seisoen van kleur

 

 

“Wanneer elke blaar ‘n blom is, is Herfs ‘n tweede Lente” – Albert Camus.
My gunsteling seisoen is beslis herfs! (20 Maart tot 21 Junie).
Ons dae word so bietjie korter, die lug ‘n bietjie koeler en die kleurspel om ons verander in verruklike skakerings van geel, oranje en rooi!
Die mooiste tyd van die jaar .. ‘n kleurspel van vloeibare amber. Genade-seisoen, waar die skel hitte van die son so bietjie afneem en ons onsself voorberei vir die koue wintermaande.
Wintersklere word uitgepak, gepas en gewas, en komberse langs die kooi neergesit.
Net so begin ons ook ons tuine voorberei.
Die dae word so bietjie koeler, maar onthou – herfs is ook die einde van ons reënseisoen.
’n Goeie tyd om seker te maak jou beddings hou alle vog/water wat jy wel vir hulle kan gee. ‘n Goeie tyd van die jaar om soveel moontlik van jou bladwisselende bome se bare en selfs grasknipsels eerder in jou beddings te gooi as om dit weg te maak.
As jy kan, spit die blare en gras so 1 keer ‘n week in jou beddings in. Jy kan nooit te veel blare of gras knipsels in jou tuingrond inmeng nie, veral nie in Parys met haar sand- pleks van grondbeddings nie!

My gunsteling plant vir vog in enige bedding is beslis Carprobothus, en kort op haar hakke, Aptenia. Beide is 12 maande van die jaar groen, blom byna heel jaar en is koue gehard, verlang geen aandag (behalwe ‘n goeie snoei so nou en dan), en is ongelooflik waterwys! Plant nou steggies vir ‘n winter-wonderlandvertoning!
Herfs is ook die ideale tyd om solank jou winter bolplante te plant.
Plant ook nou jou wintergroente, kool, broccoli, spinasie en uie vir heerlike vroeë winterbredies en sop!
Petit Jardin begin ook sommer dié week met besproeiing teen “fire ants” op beide grasperke en plaveisels in al ons tuine, asook besproeiing teen breë blaar onkruid in ons grasperke.
Dit is ook nou tyd vir kraalmis om jou vrugtebome.
Volgens voorspellings gaan ons winter nie weer so koud en vernietigend wees soos 2020 s’n nie … maar voorsorg is beter as nasorg. Kyk solank uit vir spesiale aanbiedinge op rypdoek by jou gunsteling hardewarewinkels.
“Autumn is the hardest season. The leaves are all falling, and they’re falling like they’re falling”

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button