NewsNews

Inwoners rol weer dié naweek die moue op

Inwoners rol weer dié naweek die moue op

 

 

Parys is naweke ‘n gewilde toeristebestemming met die hoofstraat die ene bedrywigheid. Dit is waarom daar weer hierdie Saterdag moue opgerol gaan word om by die Potchefstroom-ingang na die dorp by die spruit op die h/v Breë- en Van Collerstraat skoon te maak.
Die skoonmaakaksie onder leiding van Parys#Selfdoen begin om 08:00. As jy kan help, bring net ‘n paar weggooibare handskoene, ‘n hoed teen die son, harke, spitvurke of selfs ‘n kantsnyer saam. Danksy skoonmaakaksies wat reeds hier deur trotse Parysenaars gedoen is, is dit al heelwat skoner waar dit eens in ‘n vullishoop ontaard het as gevolg van haweloses en verbygangers. Saterdag sal daar ‘n ent verder af by die spruit skoongemaak word. Dankie aan lede van die publiek en die onderskeie organisasies wat reeds begin het om met selfdoen-aksies ‘n verskil te maak.

 

So het dit vroeër hier gelyk in en langs die spruit op die h/v Van Coller- en Breëstraat.
Dit is hier by die kruising van Van Coller- en Breëstraat waar inwoners weer Saterdag self die moue gaan oprol om skoon te maak.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button