News

Koepelpaddas onder die loep

Paddas is diere wat hoogs sensitief is vir omgewingsbesoedeling en –versteuring. Daarom dat hulle in navorsing as sogenaamde indikatorspesies gebruik word om probleme en gevare in die omgewing te ontdek en te ontleed. Dit is egter moeilik om akkurate skattings oor die aantal paddas van ‘n gegewe spesie in ‘n gebied te maak. Dr. Donnavan …

Paddas is diere wat hoogs sensitief is vir omgewingsbesoedeling en –versteuring. Daarom dat hulle in navorsing as sogenaamde indikatorspesies gebruik word om probleme en gevare in die omgewing te ontdek en te ontleed. Dit is egter moeilik om akkurate skattings oor die aantal paddas van ‘n gegewe spesie in ‘n gebied te maak. Dr. Donnavan Kruger van die Noordwes Universiteit doen interessante navorsing op paddaroepe om sulke tellings te vergemaklik. Kom luister na sy praatjie op 9 Januarie om 15:30 op Deelfontein tydens ‘n uitstappie met die Koepel se paddas as tema. Die uitstappie sal met veldwerk begin en daarna die praatjie. Later die aand wanneer die paddas aktief word, sal die groep in die veld na paddas soek en luister. Deelnemers word gevra om aandete in te pak. Akkommodasie is beskikbaar op Deelfontein. Meer inligting asook aanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za beskikbaar. Meld asseblief by Gerhard aan by gerhard@deelfontein.co.za of 083 280 9784.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button