
Diana King, woordvoerder van die Potchefstroomse Medi Clinic het bevestig dat dr Henty van Rensburg, geliefde ginekoloog van Potchefstroom, gister, Donderdag 11 Maart ontslaan is nadat hy vroeër vandeesmaand in die intensiewe sorgeenheid behandel is.
Dankie vir elkeen wat saam gebid het vir dr. Henty. Weet dat die meelewing en omgee van sy pasiënte en die gemeenskap van beide Parys en Potchefstroom opreg waardeer word. Moet ook nie ophou bid vir al ons gesondheidswerkers nie. Hulle het jou gebede baie nodig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



