NewsNews

Hof stuit vir eers kollektiewe kosplek-ooreenkoms

Hof stuit vir eers kollektiewe kosplek-ooreenkoms

   

Ingevolge ’n hofbevel wat op 2 Maart in die Kaapstadse Arbeidshof toegestaan is ten gunste van die Gefedereerde Gasvryheidsorganisasie (FEDHASA) van Suid-Afrika), mag dit dalk tydelik verhoed dat alle eienaars van restaurante, kitskosplekke en verwante ondernemings gedwing word om te voldoen aan die bedingingsraad se Hoof Kollektiewe Ooreenkoms wat onder meer streng nuwe loonooreenkomste op alle restaurante wil afdwing.

Die minister van Indiensneming en Arbeid het die ooreenkoms op 2 Maart uitgebrei na alle eienaars in dié bedrywe behalwe diegene in die Pretoria- en Johannesburg-streek wat hulle eie bedingingsrade het. Dit is op 8 Januarie vanjaar in die Staatskoerant gepubliseer en sou van 18 Januarie af geld. Vroeër was die Vrystaat nie deel van die bedingingsraad nie, maar is sedertdien ook ingesluit. Die Arbeidspraktyk, Dynamic Labour Solutions verduidelik dat die bedingingsrade almal wou dwing om te voldoen aan die bepalings van die ooreenkoms, selfs diegene wat nie by die ooreenkoms betrokke was nie

Die Kaapstadse Arbeidshof het die hofbevel aan FEDHASA toegestaan teen die nuutgestigte bedingingsraad vir die kitskos, restaurant, spyseniering en verwante ondernemings (Bargaining Council for the Fast Food, Restaurant, Catering and Allied Trades). FEDHASA sê hy gaan die hof vra om die minister se besluit te hersien en ter syde te stel, asook die bepaling van die registrateur rakende die bedingingsraad se verteenwoordiging. Volgens FEDHASA is dit duidelik dat die vakbonde en werkgewersorganisasies hulle verteenwoordiging van werkgewers en werknemers drasties oordryf het. Hy meen dat die registrateur en die minister nie die saak behoorlik deurdink het nie.

Die dringende hofbevel beskerm enige bedryfswerker wat nie deel is van die bedingingsraad nie, hangende die uitslag van die hersieningsaansoek. Die hofdatum vir die hersieningsaansoek moet nog bepaal word. Wat behels die loonooreenkomste wat die nuwe sentrale bedingingsraad op restaurante wil afdwing? * Dit sou onder meer loonvasstelling insluit bo die nasionale minimum loon, asook verskeie heffings wat alle restaurante en eetplekke aan die raad moet betaal wat hulle verteenwoordig. Daar was selfs sprake van ‘n jaarlikse bonus, gelde wat aan die werknemer uitbetaal moet word vir uniforms wat skoon en netjies gehou moet word en selfs ‘n bepaling oor begrafnisvoordele.  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button