NewsNews

Oud Parys en Vredefort sakeman oorlede

Oud Parys en Vredefort sakeman oorlede

      ‘n

Oud-sakeman van Parys en Vredefort, Nicolaas Kruger, is op 7 Februarie in die ouderdom van 71 jaar oorlede. Hy het sedert 1994 in Parys gewoon waar hy die eienaar van Parys Drankwinkel was tot 2000, en ook die eienaar van Vredefort Drankwinkel tussen 2 000 en 2005. Hy het naas sy sakebelange ook verskeie eiendomme gehad wat hy verhuur het.

Sy roudiens is op 11 Februarie vanuit die Hospice Centurion Kapel gehou. Wyle mnr. Kruger word oorleef deur sy vrou, Kotie, vier dogters skoonseuns en kleinkinders Ringo Rufis en Skillie. Sy dogter Melinda Els, sê hy sal onthou word as nederige, liefdevolle, eerlike en hardwerkende mens met ’n groot liefde vir die natuur en buitelewe. Sy vrou, kinders, kleinkinders en troeteldiere was die punt van sy hart.

“Ons dank Jesus vir die 71 jaar wat die blinkste ster vir ons geleen was.”    

   

Related Articles

Back to top button