News

Minder as 5 dae se bloedvoorraad beskikbaar

Kan jy help

DIe Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk, Dinsdag 9 Maart 2021 by die Hervormde Kerksaal vanaf 12:00 – 18:00.  Help SANBS om ‘n 100 eenhede bloed en meer in te samel.

 DIe SANBS volg streng maatreëls om die veiligheid van skenkers te verseker. Help SANBS om ‘n bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun. SANBS het tans minder as 5 dae se bloedvoorraad beskikbaar.  Hierdie is ʼn spesiale beroep op die publiek om 30 minute af te knyp om bloed te skenk.

Die minimum vereistes om ʼn bloedskenker te wees, is:

  • Wees tussen die ouderdom van 16-75 jaar
  • Weeg meer as 50kg
  • Geniet goeie gesondheid

 

Die SANBD moedig elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te sluit wat die lewens van hul medemense op hierdie manier red. SANBS wil graag alle gereelde bloedskenkers bedank en aanmoedig om aan te hou om gereeld bloed te skenk.

 

Skenk bloed. Jou bloed red lewens.

 

 

 

Related Articles

Back to top button