News

‘Scrapbooking’: Só word herinneringe ‘gepreserveer ’

‘Scrapbooking’: Só word herinneringe ‘gepreserveer ’

Die viering van Nasionale Scrap Book-dag is landwyd ‘n jaarlikse instelling. Verskeie ‘scrapbook’ winkels reël byeenkomste regoor die land om die dag te vier. Vanjaar is Nasionale Scrap Book dag op 7 en 8 Februarie gevier.
Scrap & Chat in Parys neem jaarliks deel aan die vieringe met ‘n spesiale byeenkoms, en is die liefde as tema gekies om te pas by Valentynsdag wat ook in Februarie gevier word.
Om Covid-protokol na te kom, is die byeenkoms plaaslik in die buitelug gehou onder eienaar, Laurika Nel, se groot koeltebome in haar tuin. Die groep ‘scrappers’ is in twee gedeel met die eerste groep van sewe wat voorverlede Donderdag deelgeneem het, en ‘n tweede groep met nog sewe deelnemers wat op 24 Februarie bymekaar gekom het.
Die projek vir die dag is gewoonlik ‘n verrassing, sê Laurika, en word die dames bederf met mooi papier en bykomstighede, en ’n lekker bederf vir almal wat die klas bywoon. Scrap & Chat bied steeds elke Donderdag en Vrydag gratis klasse aan.
In Laurika se woorde – “Om kreatief te wees en iets met jou hande te maak is kos vir die siel. Net ‘n paar uur se lekker ontspan om te vergeet van al die verpligtinge, chaos, malle gejaag en onsekerhede daar buite.”
As jy die vroue vra waarom hulle begin het met ‘scrapbooking’, vertel hulle jou – dit is nie net ‘n stokperdjie nie – dit is ‘n unieke geskenk, herinneringe wat jy ‘preserveer’ en vasvang vir ewig. Iets wat jy nalaat vir jou geliefdes om te koester vir altyd.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button