NewsNews

Mooibank-besetting: hof sê grondgrypers moet af na inperkingstyd

Mooibank-besetting: hof sê grondgrypers moet af na inperkingstyd

Die hoër hof het gister (4 Maart) in Mahikeng in hul finale uitspraak beveel dat die onwettige besetters op die stuk grond in die Mooibankarea afgesit moet word. So sê Fanie du Toit, onderleier van die VF+ in die Noordwes.

 

Die hof het na die huidige inperkregulasies verwys en het die uitsetting van die individue opgeskort totdat die inperkingstyd opgehef is. Verdere besetting op die grond mag steeds nie gebeur nie.

“Ons as ‘n gemeenskap is genoop om steeds geduld aan die dag te lê in hierdie verband. Die VF+ bedank die veiligheidsgroepe wat die area patroleer en die gemeenskap se belange op die hart dra”, sê du Toit.

Die onwettige besetters het sedert 12 Januarie grond suid van Viljoenstraat in Miederpark ingeneem. Die hof het reeds op 15 Januarie ʼn interdik uitgereik wat beveel dat mense nie die eiendom, wat aan die munisipaliteit en aan die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming behoort, verder mag beset nie.

Baie besetters het hulle nie aan die interdik gesteur nie en nog na die tyd die gronde toegestroom om hul informele huise daar op te rig.

Die DA beskuldig die ANC in die munisipaliteit daarvan dat hulle versuim om aan die behuisingsprobleem aandag te gee en eerder toelaat dat raadslede mense aanhits om grond onwettig te betree. “Die armste van die armes word so uitgebuit om grond te bekom sonder enige dienste soos, riool, water en elektrisiteit. Daar is steeds ander gemeenskappe wat vir langer as 10 jaar sukkel om basiese dienste te kry”, sê Santi Britz, DA-raadslid van die munisipaliteit.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button