NewsNews

Nuwe amnestieperiode vir vuurwapen-eienaars dalk op die kaarte

Nuwe amnestieperiode vir vuurwapen-eienaars op die kaarte

 

Daar is waarskynlik goeie nuus vir vuurwapen-eienaars wie se lisensies verstryk het.

 

Uit ‘n parlementêre vraag gister aan die minister van polisie, Bheki Cele, of hy dit sal oorweeg om ‘n verdere amnestietydperk toe te staan vir die indiening van vuurwapens, het die minister gesê so ‘n versoek is “billik”.

Min. Cele het gesê die tweede en laaste amnestie-periode is erg ontwrig en dat baie vuurwapen-eienaars daardeur geraak is. Hy het gesê daar is steeds baie “papierwerk” rondom die vorige amnestieperiode wat op 31 Januarie vanjaar verstryk het, wat steeds nie afgehandel is nie. Die warboel in die administrasieproses rondom die afhandeling van aansoeke om die hernuwing van vuurwapenlisensies, het twee weke gelede duidelik geblyk uit ‘n parlementêre ondersoek na die aangeleentheid.

“Die hoë misdaadsyfer in Suid-Afrika, veral wat geweldsmisdade aanbetref, is ontstellend en dit sal onbillik wees om wetsgehoorsame burgers te ontwapen ten koste van misdadigers wat gewis nie hul vuurwapens sal inhandig nie, ongeag enige amnestie. Van die probleme wat algemeen voorgekom het, was ‘n tekort aan voorgeskrewe vorms en aan polisie-personeel om die werk te doen. Gegewe die aanslag teen boere, is dit veral belangrik dat hulle ‘n behoorlike en billike geleentheid gegun word om hul lisensies te hernu,sê die Vryheidsfront in sy verklaring

 

 

Related Articles

Back to top button