News

Mense-wreedheid teenoor diere al meer gesien

Mense-wreedheid teenoor diere al meer gesien

 

Ten spyte van finansiële uitdagings wat selfs nou nog meer is weens die gevolge van Covid-19, stry die plaaslike DBV ‘n geweldige stryd om in te tree by toenemende gevalle van diere wreedheid en mishandeling.

In die wye area wat deur Parys DBV bedien word (Parys, Heilbron, Vredefort, Koppies en Lindequesdrift), is daar die laaste paar maande al meer gevalle van onder meer skilpaaie wat in die tradisionele Afrika-kultuur vir medisinale doeleindes gebruik word, mishandeling van perde, en ook honde wat vir hondegevegte of jagdoeleindes gebruik is. Veral die probleem rondom hondegevegte is so groot dat die nasionale tak van die DBV ’n spesiale eenheid het wat met dié gevalle werk.  

DBV-inspekteur Sarita Louw met die bergskilpad tot wie se redding hulle in November gekom het.

    Die toegewyde personeel van Parys DBV.

Ongelukkig is mense dikwels vanweë intimidasie en die geheimhouding van sulke gevalle, sku om na vore te kom met inligting. Die voorkoming en hantering van wreedheid teenoor diere is een van die funksies van die DBV en moet daar pro-aktief sowel as reaktief opgetree word. Pro-aktief deur maandelikse besoeke aan onder meer hondesalonne, stalle, slagpale en troeteldierwinkels, terwyl reaktiewe optrede volg wanneer klagtes van dieremishandeling en wreedheid ontvang word. ’n Groot taak waarvoor die DBV ook in jou gemeenskap baie nodig is.

Die DBV het tans sekuriteitsligte voor hul perseel nodig nadat dit drie weke gelede gesteel is, hulp met instandhouding van die DBV voertuig, kos vir klein hondjies en katte, yskas vir die diere se medisyne en deure vir die kos- en linnekamer. Kan jy help?  

Related Articles

Back to top button