NewsNews

Vandag vier ons dié soete kaneelverleiding

Vandag moet jy melktert eet!

In ’n degie, as ’n kolwyntjie of ’n vulsel in ’n oliebol (doughnut), of selfs met ’n aarbei of sjokolade ‘brownie’ kinkel.
Noem dit en jy kan die soet kaneelverleiding van ’n melktertvulsel daarby inwerk. Vandag, Saterdag 27 Februarie. kon Suid-Afrikaners dié lekkerte weer behoorlik vier met Nasionale Mektert-dag.

 

Die spog kolwyntjie melktertjies en melktert-gevulde dougnuts is deur Koek Hoek Tuisgebak gemaak. Hier kon jy vandag al wat melktertvariasie is koop.

 

Maar al roem baie Suid-Afrikaners met skougehalte melktertresepte, is die melktert nie so eie aan Suid-Afrika soos wat ons graag wil glo nie Baie ander lande het soortgelyke weergawes.
Die Spanjaarde geniet hul eier-vla. Die Portugese smul aan vla-tertjies, die Franse kookkuns het sy eie variasie van Gateau Basque, Mille Feuille en meer, terwyl selfs die Jode-tert wat Suid-Afrikaners goed ken, se vulsel ook herinner aan die tradisionele melkert.
Eintlik is dié lekkerny al van die Middeleeue bekend toe daar in kloosters amandelpap gemaak is van amandelmelk wat met gemmer en kaneel gegeur is.
Die amandelpap het later plek gemaak vir eier-vla in al wat kors is gebak.
Die gebruik om suiker oor geregte te sprinkel, kom ook uit die middeleeue.
Maar of jy nou broskors of ‘n skilferkors gebruik, kortpad kies met korsloos, geur met amandel, kaneel of naartjie – melktert in watter variasie bly ‘n wenner.
Sny daarom die skywe maar rojaal vandag, want dit is immers Nasionale Melktertdag!

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button