News

Daar word aan die dorp se gaterige paaie gewerk

Daar word aan die dorp se gaterige paaie gewerk

Nadat die plaaslike AfriForum-tak in Parys verlede week met 80 sakke teer slaggate in strate rondom skole in die dorp herstel het, het die munisipaliteit die afgelope week ook na ā€˜n gesprek met Sakeliga oor hul inisiatief vir Projek Gatvol, gehelp om slaggate in onder meer Loopstraat te herstel. Sakeliga Parys het die naweek op hul beurt gate in Middelstraat en voor Coastal Hire herstel. Vyf en dertig sakke teer is gebruik. Die organisasie gaan ook 20 sakke teer aan die munisipaliteit skenk om slaggate te herstel in ā€˜n daadwerklike poging om hande te vat met die munisipaliteit om die toestand van die dorp se paaie te verbeter. Met Projek Gatvol is die publiek gevra vir R100 bydraes per slaggat om stelselmatig te begin om gate te herstel.

 

Ā 

Ā  Ā  Omdat daar soveel slaggate is wat herstel moet word, is dit belangrik dat die herstel aan die vereiste tegniese standaarde sal voldoen om seker te maak die herstelwerk is ā€˜n langtermyn oplossing en is dit hier waar daar met die munisipaliteit saamgewerk kan word om ā€˜n verskil te maak. Volgens Suleen Peens, voorsitter van Sakeliga Parys, is dit nog nie seker waar hul volgende sal werk nie, maar is die plan om nou ook slaggate in die woongebiede te herstel en word daar moontlik na Unie-, President- of Kortstraat gekyk. As jy ā€˜n slaggat of meer wil borg teen R100 per gat, kan jy jou donasie elektronies inbetaal met verwysing, ā€œGatvol en die adresā€. Sodoende kan jy aandui waar daar ā€™n slaggat is wat jy graag sal wil hĆŖ herstel moet word. Dit is ook terselfdertyd ā€˜n aanduiding vir die projekorganiseerders waar die grootste behoefte is. Die rekeningbesonderhede is: Sakeliga Parys, FNB Parys, tjekrekeningnommer 62868261133. Onthou jou verwysing: gatvol & adres. AfriForum Parys sal hierdie Saterdag nog gate in hoofsaaklik BreĆ«-, Loop- en Waterstraat herstel. Danksy AfriForum is die stopteken wat net voor die naweek op die h/v Van Coller- en Boomstraat voete gekry het, ook vervang nadat daar juis by die kruising waar die padteken skoonveld was, Saterdag ā€˜n ongeluk was. Dankie aan alle individue, sakelui en organisasies wat daadwerklik probeer om ā€˜n verskil in die dorp te maak. Ā  Ā 

Related Articles

Back to top button