NewsNews

Hof beslis later oor grondgrypers se uitsetting

Hof beslis later oor grondgrypers se uitsetting

Die onwettige besetters wat sedert 12 Januarie grond in die Mooibankarea, suid van Viljoenstraat in Miederpark, ingeneem het, sal op 4 Maart hoor of hulle van die grond afgesit gaan word of nie.

Die aansoek vir die uitsettingsbevel teen die onwettige besetters is op Donderdag, 11 Februarie in die hooggeregshof in Mmabatho aangehoor. Adv. Mosikili, wat die uitsettingsbevel teenstaan en namens die besetters optree, het vir uitstel gevra. Hy moes voor of op 18 Februarie die redes voorlê waarom die onwettige besetters nie gedwing mag word om die grond te verlaat nie. Die hof sal later bepaal wie verantwoordelik is om die koste vir die uitstel te dra.

 

Die hof het reeds op 15 Januarie ʼn interdik uitgereik wat beveel dat mense nie die eiendom, wat aan die JB munisipaliteit en aan die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming behoort, verder mag beset nie.

Volgens die hofdokumente wat die Herald bekom het, mag niemand die betrokke besette area verder skoonmaak of penne of strukture op die eiendom oprig nie. Niemand mag reëlings tref, aanhits of hulp aanbied om die eiendom te betree nie. Openbare amptenare of lede van die SAPD wat wil verhoed dat mense die eiendom betree, mag nie geïntimideer of gedreig word nie. Openbare media of sosiale platforms mag ook nie gebruik word om reëlings te tref of aan te hits dat die eiendom betree word nie.

Hoewel die interdik reeds op 15 Januarie uitgereik is, het baie besetters nog na die tyd die gronde toegestroom om hul informele huise daar op te rig en het die publiek die polisie gekritiseer omdat hulle nie die onwettige besetters keer nie.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button