
Deur Piet de Jager Noordwes-rolbal se ligas staan einde se kant toe. Die laaste wedstryde in die Premierliga vir Mans en Vroue vind Saterdag 20 Februarie by die Potcehfstroom Buiteklub (PCC) plaas. Die Eersteliga se halfeind en eindstryde is geskeduleer vir 28 Februarie..
Sake lyk nou só in die ligas:
Premierliga
Vroue
Die Potcefstroom rolbalklub se span wat bestaan uit Corrie Breitenbach, Rhonda en Natasha Kallis en Brenda Palmer, het ‘n agt punt voorsprong oor die PCC-span wat bestaan uit Riekie Broodryk, Sega Mokoto, Helena Koekemoer en Babey Mogonjana.
Mans
Pikkie Loots, Tinus Crous, Richard Harris en Piet Croucamp van Klerksdorp Rolbalklub is byna oonaanvegbaar in die eerste plek met 58.5 punte. Eersteliga Hierdie liga speel wel halfeind wedstryde wat oploop na die twee finale.
Vroue:
Die huidige seksievoorlopers is: Seksie 1: Potch (2) 45, Seksie 2 PCC (2) 38.5, Seksie 3 Fochville (2) 41
Mans:
Seksie 1 Klerksdorp 33, Seksie 2 Potch (1) 49, Seksie 3 Klerksdorp (5) 32, Seksie 4 Sannieshof 56.




