NewsNews

Vrystaatse munisipaliteite dop leefbaarheidstoets – Solidariteit

Munisipale bestuur, dienslewering en leefbaarheid in die Vrystaat is maar bra treurig. Daarby is misdaad, veral geweldmisdaad, buite beheer en is die gehalte van drinkwater in die algemeen swak. Dít is die bevindinge van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se Leefbaarheidsmonitor vir die Vrystaat wat vandag bekendgestel is. Volgens dr. Eugene Brink, senior navorser by die …

Munisipale bestuur, dienslewering en leefbaarheid in die Vrystaat is maar bra treurig. Daarby is misdaad, veral geweldmisdaad, buite beheer en is die gehalte van drinkwater in die algemeen swak. Dít is die bevindinge van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se Leefbaarheidsmonitor vir die Vrystaat wat vandag bekendgestel is.

Volgens dr. Eugene Brink, senior navorser by die SNI, het slegs 4 uit die 20 munisipaliteite in die Vrystaat ʼn punt van 5 of meer uit 10 vir hul leefbaarheid ontvang. Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit (Bloemfontein) en Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit (Sasolburg) het die beste leefbaarheidstelling, naamlik 6½ uit 10, ontvang. Brink sê munisipaliteite in die Vrystaat het ʼn gemiddelde punt van 3 uit 10 vir leefbaarheid ontvang.

“Sommige munisipaliteite het lae tellings verwerf ten spyte daarvan dat hulle goed tot uitnemend op sekere gebiede gevaar het. Hulle het egter so power op sekere ander gebiede gevaar dat dit hul algehele telling afgebring het.

“Indien die munisipaliteite se rade strategies ingryp, kan hulle hul leefbaarheidstellings aansienlik verhoog. Sommige sukkel egter met strukturele uitdagings soos lae skolingsvlakke en nypende armoede wat nie gou gaan verdwyn nie,” sê Brink.

Die Vrystaatse Leefbaarheidsmonitor is die sesde aflewering in ’n reeks. Vorige provinsies wat gemeet is, sluit in Gauteng, Noordwes, die Wes-Kaap, Mpumalanga en Limpopo. Die Wes-Kaap, waarvan nie een munisipaliteit ʼn telling van minder as 5 uit 10 behaal het nie, is tot dusver die enigste provinsie wat relatief goed gevaar het wat leefbaarheid betref.

Die onderskeie munisipaliteite se leefbaarheidstellings:

 

Munisipaliteit Punt uit 10
Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit (Bloemfontein) 6½ ui 10
Mafube Plaaslike Munisipaliteit (Frankfort) 2 uit 10 10
Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit (Sasolburg) 6½ uit 10
Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit (Kroonstad) 4½ uit 10
Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit (Parys) 3 uit 10
Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit (Theunissen) 1 uit 10
Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit (Welkom) 5 uit 10
Nala Plaaslike Munisipaliteit (Bothaville) 1½ uit 10
Tokologo Plaaslike Munisipaliteit (Dealesville) 1 uit 10
Tswelopele Plaaslike Munisipaliteit (Hoopstad) 4 uit 10
Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit (Bethlehem) 5 uit 10
Maluti-a-Phofung Plaaslike Munisipaliteit (Harrismith) 4 uit 10
Mantsopa Plaaslike Munisipaliteit (Ladybrand) 3 uit 10
Nketoana Plaaslike Munisipaliteit (Reitz) 2 uit 10
Phumelela Plaaslike Munisipaliteit (Vrede) 2 uit 10
Setsoto Plaaslike Munisipaliteit (Senekal) 1½ uit 10
Kopanong Plaaslike Munisipaliteit (Trompsburg) 2 uit 10
Letsemeng Plaaslike Munisipaliteit (Petrusburg) 1½ uit 10
Mohokare Plaaslike Munisipaliteit (Zastron) 2 uit 10
Naledi Plaaslike Munisipaliteit (Wepener) 3½ uit 10

Volgens Brink is die doel van die monitor om die leefbaarheid van die provinsie op munisipale vlak te meet. Leefbaarheid word aan die hand van ʼn stel sleutelaanwysers, met subaanwysers wat daaronder ressorteer, ontleed. Die monitor vorm deel van Solidariteit se verbintenis om belastingbetalers van die nodige inligting oor hoe hul belastinggeld aangewend word, te voorsien. Die vakbond speel veral deur navorsing ʼn waghondrol om die besteding van werkers se belastinggeld te monitor. Klik hier om die volledige verslag te sien.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button