NewsNews

Lewens red: ʼn Verdienstelike Nuwejaarsvoorneme

Nuwejaarsvoornemens behels dikwels om slegte gewoontes te laat voor of iets prys te gee. Hierdie jaar vra die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nie dat jy iets opgee nie, maar eerder dat jy iets gee – bloed. Bloedskenkings red lewens. Dit is ʼn maklike voorneme om te maak en by te hou. Elke skenking neem ongeveer …

Nuwejaarsvoornemens behels dikwels om slegte gewoontes te laat voor of iets prys te gee. Hierdie jaar vra die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nie dat jy iets opgee nie, maar eerder dat jy iets gee – bloed. Bloedskenkings red lewens. Dit is ʼn maklike voorneme om te maak en by te hou.

Elke skenking neem ongeveer ʼn uur en kan tot drie mense se lewens help red. Die skenkingsproses is eenvoudig: jy sal ʼn vraelys voltooi rakende jou gesondheid en leefstyl; jou bloeddruk word geneem en ʼn druppel van jou bloed om seker te maak jy is nie anemies nie en dat dit veilig is om te skenk. ʼn Gekwalifiseerde suster sal ʼn kort onderhoud met jou voer en as als in orde is, word jou bloedskenking geneem. Alle naalde en toerusting word slegs een maal gebruik en dan vernietig. Ná jou skenking geniet jy koekies en koeldrank.

Daar moet elke dag 3000 eenhede bloed ingesamel word om aan hospitale in Suid-Afrika te verskaf. Die behoefte aan bloed is deurlopend – daar vind elke 35 sekondes ʼn bloedoortapping in Suid-Afrika plaas.

Om ’n bloedskenker te wees, moet jy

  • Tussen die ouderdom van 16 en 65 wees
  • Meer as 50kg weeg
  • ’n Veilige seksuele leefstyl lei
  • Gesond wees op die dag van jou skenking
  • ʼn Maaltyd genuttig het voordat jy bloed skenk.

Parysenaars kan bloed skenk op Dinsdag 12 Januarie tussen 13:00 en 19:00 by die kerksaal van die Hervormde Kerk Parys. Die doelwit is om 100 eenhede bloed in te samel tydens dié skenkerskliniek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button