
Op 9/10 Februarie het die aantal bevestigde gevalle van Covid-19 vir Parys op 937 gestaan. Op 29-31 Januarie was Parys se syfer 914. Dit wil sê ’n styging van 23 gevalle vir die dorp in die 10 dae.
Die syfers vir die hele Fezile Dabi-streek wat die munisipaliteite Metsimaholo, Moqhaka, Ngwathe en Mafube insluit, het op 9/10 Februarie op 10 361 gestaan, vergeleke die streek se syfer van 10 150 op 29-31 Janaurie. Dit wil sê 211 nuwe gevalle in die hele streek in die 10 dae periode. Die dorpe wat ingesluit word in Fezile Dabi is Sasolburg, Deneysville, Oranjeville, Kroonstad, Viljoenskroon, Steynsrus, Parys, Heilbron, Koppies, Edenville, Vredefort, Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling. Op die meegaande grafiek kan ook gesien word watter pad die epidemie kurwe in die Fezile Dabi-streek geloop het sedert Maart/April 2020.





