News

Bloeddiens-studie wys meer as helfte in dié provinsies het al Covid-19 gehad

Bloeddiens-studie wys meer as helfte in dié provinsies het al Covid-19 gehad

   

Meer as die helfte van Suid-Afrikaners in die Oos-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat en KwaZulu Natal, het al die korona-virus gehad. Dit aldus die bevinding van ’n studie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens waartydens 4 858 bloedskenkers vir teenliggaampies vir die koronavirus getoets is tussen 7-25 Januarie.

Die teenliggaampies vorm om die uitwerking van die virus te neutraliseer en kom net voor as iemand die virus onder lede gehad het. Aan die hand van die resultate word geraam dat 63% van mense in die Oos-Kaap, 32% mense in die Noord-Kaap, 46% in die Vrystaat en 52% in KwaZulu Natal blootstelling aan die virus gehad het.

Die persentasies is heelwat hoër as die bevestigde gevallekoers van tussen 2% en 3% in die vier provinsies. Dit is nog nie bekend tot watter mate teenliggaampies teen die oorspronklike vorm van die koronavirus beskerming bied teen die nuwe variant 501Y.V2 wat eerste in SA geïdentifiseer is nie.

“Maar dit lyk moontlik, gegewe die beduidende persentasie van skenkers wat in ‘n sekere stadium met 501Y.V2 besmet is,” berig Netwerk24. Dit is ook nog nie seker of mense geneig is om vir ’n tweede keer 501Y.V2, of enige toekomstige variante op te doen nie, en hoe ernstig siek ’n tweede infeksie mense sal maak nie.  

 

Related Articles

Back to top button