News

Krane weer droog sonder verduideliking

Krane weer droog sonder verduideliking

 

Onvoorsiene kragprobleme het verlede naweek die vreugde van Valentynsdag gedemp vir Parysenaars sowel as die talle besoekers aan die pragtig dorp. Saterdag was krane meestal droog sonder verduideliking. “Inwoners het begrip vir probleme met water en krag, maar net mits hulle betyds en volledig daaroor ingelig word, sê rdl. Arnold Schoonwinkel. Hy en Andries Vrey, DA-raadslid vir wyk 12, het Maandag per brief daarop aangedring dat probleme vinnig en duidelik uitgewys word.

Raadslede sê hulle plaas inligting oor probleme op WhatsApp-groepe en ander sosiale media platforms, sodra hulle dit ontvang, maar ten spyte van beloftes van beter kommunikasie, kry ook hulle dikwels geen inligting oor water- en elektrisiteitskwessies nie. Ook hulle is net soos inwoners gefrustreerd oor die gebrekkige kommunikasie van die munispaliteit.

Met Gazette se ter perse gaan het die raadslede nog geen antwoord of kommentaar van die Ngwathe munisipaliteit se direkteur vir tegniese diente, mnr. Malunga, ontvang nie.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button