News

Krane weer droog sonder verduideliking

Krane weer droog sonder verduideliking

 

Onvoorsiene kragprobleme het verlede naweek die vreugde van Valentynsdag gedemp vir Parysenaars sowel as die talle besoekers aan die pragtig dorp. Saterdag was krane meestal droog sonder verduideliking. “Inwoners het begrip vir probleme met water en krag, maar net mits hulle betyds en volledig daaroor ingelig word, sê rdl. Arnold Schoonwinkel. Hy en Andries Vrey, DA-raadslid vir wyk 12, het Maandag per brief daarop aangedring dat probleme vinnig en duidelik uitgewys word.

Raadslede sê hulle plaas inligting oor probleme op WhatsApp-groepe en ander sosiale media platforms, sodra hulle dit ontvang, maar ten spyte van beloftes van beter kommunikasie, kry ook hulle dikwels geen inligting oor water- en elektrisiteitskwessies nie. Ook hulle is net soos inwoners gefrustreerd oor die gebrekkige kommunikasie van die munispaliteit.

Met Gazette se ter perse gaan het die raadslede nog geen antwoord of kommentaar van die Ngwathe munisipaliteit se direkteur vir tegniese diente, mnr. Malunga, ontvang nie.  

Related Articles

Back to top button