NewsNews

Vaaldam – ‘n bruisende massa

Vaaldam - 'n bruisende massa

 

 

Dit was ‘n ongelooflike gesig om te sien met sluise wat vandag by die Vaaldam oopgemaak is ingevolge ‘n dringende besluit van departement van water en sanitasie.

Luidens ‘n verklaring wat vroeër deur die departement uitgereik is, was die plan om drie sluise oop te maak en sou ‘n vierde sluis ook indien nodig oopgemaak word.

Mense het van oraloor vandag na die skouspel by die Vaaldam gaan kyk. Foto’s: Met dank aan Alet van der Walt, Netwerk24

Vanoggend is die eerste twee sluise reeds oopgemaak en ‘n derde vroeër vanmiddag.

Die damvlak was vanoggend nog op 103% met nog water wat steeds instroom.

Dit is die eerste keer sedert 2018 dat die dam oor die 100% vol is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button