News

Drie vermeende aanvallers sterf in plaasaanval

Drie vermeende aanvallers sterf in plaasaanval

 

Drie verdagtes is vanoggend, Donderdag 11 Februarie,  dood ná ’n plaasaanval op die plaas Boskoppie in die Kroonstad-distrik.

Volgens brig Motantsi Makhele, provinsiale hoof van die polisie se kommunikasiedienste, is die 37-jarige mnr. Pieter André Swart net na 07:00 op die plaas oorval deur 4 verdagtes net toe hy die deur van sy huis oopgemaak het.

Die verdagtes het hom probeer oorweldig en is hy in die nek en kop gesteek.

Hy kon egter daarin slaag om sy vuurwapen te kry en het verskeie skote afgevuur, sê brig. Makhele.

Drie van die verdagtes is noodlottig gewond terwyl die vierde verdagte van die toneel gevlug het.

Mnr. Swart wat alleen op die plaas bly, is na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie ondersoek die voorval en het ten tyde van die plasing van hierdie berig nog gesoek na die vierde verdagte.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button