News

Projek ‘Gatvol’ vir gate begin

Projek ‘Gatvol’ vir gate begin

 

Om motoriste te sien uitswaai vir die meer gat as pad, is geen ongewone gesig in Parys se strate nie. Juis daarom het Parys Sakeliga begin met ‘Projek Gatvol’ waar inisiatief geneem word om slaggate in die dorp se strate te herstel. Om die projek te laat slaag is die ondersteuning van die gemeenskap baie nodig om te help om gate te borg. Teen R100 per slaggat, kan jy help om ‘n verskil te maak. Daar sal begin word in Loop- en Schilbachstraat, wat skoleverkeer dra.

Daarna sal die projek uitbrei na omliggende strate en só stelselmatig deur die dorp beweeg word. As jy ‘n slaggat of meer wil borg teen R100 per gat, kan jy jou donasie elektronies inbetaal met verwysing, “Gatvol en die adres”. Sodoende kan jy aandui waar daar ’n slaggat is wat jy graag sal wil hê herstel moet word. Dit is ook terselfdertyd ‘n aanduiding vir die projekorganiseerders waar die grootste behoefte is. Die rekeningbesonderhede is: Sakeliga Parys, FNB Parys, tjekrekeningnommer 62868261133. Onthou jou verwysing: gatvol & adres  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button