News galleriesPhoto Galleries

Musiekuitvoering op Deelfontein

’n Kamermusiekuitvoering by die Koepel Kunstesentrum op Deelfontein word gehou op Sondagoggend 13 Desember om 11:30. Die bekende pianiste en orreliste Jetty van Rensburg van die Potchefstroomse Konservatorium, voer saam met Gerhard Benade (fagot) werke vir fagot, klavier en orrel, asook vir solo orrel en harmonium uit. Musiek van Mozart, Bach, Spohr, Guilmant en andere …

’n Kamermusiekuitvoering by die Koepel Kunstesentrum op Deelfontein word gehou op Sondagoggend 13 Desember om 11:30. Die bekende pianiste en orreliste Jetty van Rensburg van die Potchefstroomse Konservatorium, voer saam met Gerhard Benade (fagot) werke vir fagot, klavier en orrel, asook vir solo orrel en harmonium uit.
Musiek van Mozart, Bach, Spohr, Guilmant en andere vul die program wat ’n reis deur die stylperiodes van die agtiende tot die vroeë twintigste eeu verteenwoordig.
Soos gebruiklik kan mense piekniekmandjies saambring en na die konsert onder die groot haak-en-steekboom in die rustigheid van die Koepel se natuurskoon middagete geniet en met die kunstenaars gesels. In die nuwe jaar bied die Kunstesentrum ’n  internasionale musiekkursus gelei deur die Weense dirigent Norbert Brandauer aan.
Die afsluitingskonsert vind op 7 Februarie in die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg plaas. Twee natuuruitstappies is ook op die program. Op Saterdagmiddag 16 Januarie bied dr. Donnavan Kruger van die Noordwes-Universiteit ’n padda-uitkenningsuitstappie aan.
Op 13 en 14 Februarie lei die bekende spinnekop-deskundige Astri Leroy ’n  uitstappie wat die Koepel se spinnekoppe as tema het.
Belangstellendes kan plekke by die konserte en die uitstappies by Gerhard Benade per e-pos bespreek by gerhard@deelfontein.co.za.
Verdere inligting asook ‘n padbeskrywing na Deelfontein is op die webblad www.deelfontein.co.za beskikbaar.

Related Articles

Back to top button