News

Drie-jarige seun dood na kop-aan-kop botsing

Drie-jarige seun dood na kop-aan-kop botsing

‘n Drie-jarige seuntjie is gisteraand (07 Februarie) op die N12 ongeveer 20km buite Potchefstroom na ‘n kop-aan-kop botsing dood. Ses ander mense is ook in die ongeluk dood.

Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder, het paramedici ongeveer 22:00 op die toneel gekom waar hulle twee voertuie op teenoorgestelde kante van die pad gevind het.

“Een persoon het uit die een voertuig gekom terwyl sewe mense om die ander voertuig gelê het. Paramedici het ses mense insluitend die drie-jarige dood op die toneel verklaar,” het Meiring gesê.

Volgens hom het twee mense die ongeluk oorleef. Hulle is op die toneel behandel waarna hulle ospitaal toe geneem is vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button